Groei
Effe verlep, vaal, verfrommel ?
Ons groei-geheim lê in die hart : ‘n skeppie hoop, ‘n proeseltjie passie, ‘n knypie selfkennis, ‘n tikkie entoesiasme en ‘n hele skopgraaf deursettingsvermoë …
Kom leer om te blom waar jy geplant is !
Die een-tot-een sessies help jou om jou gawes te ontdek, jou toegerankte passie met jou gawes-gieter klam te hou, én jou selfkennis in te span om jou skeppingsdoel te ontdek.
Dit vra droë takkies uitsnoei, kreatiewe kompos inmeng, sweet, soms ‘n bietjie swaarkry, selfs hier-en-daar ‘n traan, maar as die nuwe blaartjies uitloer en vars blommetjies hul koppe na die son draai is die beloning genoeg motivering en só inspirerend !
- Kom ontdek jou gawes.
- Kom leef passievol.
- Kom leef jou roeping uit.
Gesels
‘n tema + ‘n blom = ‘n ruiker vol raad
Ons gesels oor relevante onderwerpe :
• Beroepsbalans
• Depressie
• Egskeiding
• Finansies
• Ouerskap
• Organisasie & beplanning
• Tydsbestuur
• Verlies
• Vriendskap ….. en veel meer …
Bosse vol Laventel. Rose. Kappertjies. Lelies. Proteas.
Astertjies word ons inspirasie …
So leer ons by bont blomstingeltjies om voluit vrou te wees !
Gee
Fleur help met inspirerende idees om :
• ‘n Hartsmens te bederf met ‘n onverwagte verrassing.
• Kreatiewe geskenke te gee.
• Met jou hart en hande onbenutte uurtjies met vrywillige diens te vul deur iewers betrokke te raak.
• Nie net met ‘n e-pos of stemnota ‘n boodskap te stuur nie, maar om tasbare goetertjies as boodskappers in te span …
Pluk ‘n blom ….
Gaan gee hom ….
Kyk ! ‘n Blink-oog glimlag kom !
